melktert

“Melktert” hemp uit die Drie Pikkewyne-reeks. Speels en onvergeetlik vir die rofste een van die lot. Minimalisties in 100% gekamde…

Qty


alles wat jy wil weet oor die
HEMP

Details & beskrywing

Vir die wat Afrikaans praat en Afrikaans verstaan.

Die “melktert” hemp is deel van die Drie Pikkewyne-reeks—saam met “koeksister” en “vetkoek”. Drie name, drie verskillende energieë, almal uit dieselfde wêreld.

“Melktert” dra daardie tipiese laat-80’s, vroeë-90’s energie: blink lipglans, blou oogskadu, en ’n selfvertroue wat nie vra of dit werk nie. Dis die een wat altyd ’n storie het, al is dit net in hoe sy die vertrek inneem. ’n Bietjie over the top, maar op ’n manier wat werk omdat dit nie probeer verskoon nie.

Daar’s ’n speelsheid aan dit wat nie ernstig geneem wil word nie, maar tog onthou word. Dis vir iemand met karakter, flair, en ’n gemak in aandag sonder om daarvoor te werk.

Die ontwerp bly skoon en minimaal sodat die woord self die fokus bly. Maklik om te dra, maar nooit neutraal nie.

Gemaak van 160g 100% fyngekamde katoen, met ’n standaard pasvorm wat gemaklik sit en lank hou.

Onvergeetlik op ’n baie spesifieke manier.