koeksister
→ Nie seker oor jou grootte nie? Sien ons groottegids
“koeksister” hemp uit die Drie Pikkewyne-reeks. Soet met ’n taai kant. Minimalisties in 100% gekamde katoen. Meer as wat dit…
Groottekaart
Use the chart below to find your size. If you are between sizes, we recommend sizing up.
| XS | Chest: 32-34″, Waist: 24-26″ | Chest: 32-34″, Waist: 24-26″ |
| S | Chest: 34-36″, Waist: 26-28″ | Chest: 34-36″, Waist: 26-28″ |
| M | Chest: 38-40″, Waist: 30-32″ | Chest: 38-40″, Waist: 30-32″ |
| L | Chest: 42-44″, Waist: 34-36″ | Chest: 42-44″, Waist: 34-36″ |
| XL | Chest: 46-48″, Waist: 38-40″ | Chest: 46-48″, Waist: 38-40″ |
alles wat jy wil weet oor die
HEMP
beskrywing
Sterregradering

Details & beskrywing
Vir die wat Afrikaans praat en Afrikaans verstaan.
Die “koeksister” hemp is deel van die Drie Pikkewyne-reeks (saam met “melktert” en “vetkoek”). Drie karakters, elkeen met ’n ander soort teenwoordigheid.
“Koeksister” sit die soet in die storie. Sy kom eerste oor as onskuldig, selfs netjies, maar daar is meer laagte aan haar as wat op die oppervlak wys. Die stroop-energie hou alles saam. Glad, aantreklik, en moeilik om te ignoreer, maar met ’n taai rand as jy te naby kom.
Sy weet presies hoe sy oorkom. Dis deel van die spel. Mense onderskat haar maklik, maar dit werk net tot op ’n sekere punt.
Die ontwerp bly skoon en minimaal sodat die woord self die indruk maak. Maklik om te dra, maar met ’n energie wat nie lig opgeneem word nie.
Gemaak van 160g 100% fyngekamde katoen, met ’n standaard pasvorm wat gemaklik sit en lank hou.
Soet op die oppervlak. Taai waar dit saak maak.











