Ons hoor graag van jou. Of jy nou ‘n vraag het oor ‘n bestelling, aflewering, groottes of sommer net wil hallo sê, kontak ons gerus
epos
selfoon
+2765-074-3110
Address
johannesburg, gauteng, suid-afrika
Social media

Miskien vind jy reeds die antwoord waarna jy soek op een van hierdie bladsye:




Die maklikste manier is om vir ons ‘n e-pos (hello@suigstokkie.co.za) of WhatsApp (+2765-074-3110) te stuur. Of jy nou ‘n vraag het oor ‘n bestelling, ‘n grootte of net iets wil uitklaar, ons help graag.
Ons probeer om alle navrae binne een werksdag te beantwoord. Soms vat dit ‘n bietjie langer wanneer dit baie besig raak, maar ons los jou nie op read nie.
Ja. Ons lewer landwyd in Suid-Afrika af. Of jy nou in die stad, op ‘n plaas of in ‘n dorp woon waar almal mekaar op die naam ken, ons sorg dat jou suigstokkie-hemp sy pad na jou toe vind.
Ons verwerk bestellings so vinnig moontlik (binne 7 werksdae). Daarna hang die aflewering af van waar jy woon, gewoonlik 2-3 werksdae. Sodra jou bestelling oppad is, stuur ons vir jou ‘n opsporingsnommer sodat jy kan sien waar jou pakkie kuier.
As jou bestelling nog nie verwerk is nie, sal ons kyk wat ons kan doen. Kontak ons so gou moontlik, dan probeer ons jou help voordat jou hemp sy eie planne begin maak.
Moenie bekommer nie. Kontak ons sodra jy agterkom iets is nie reg nie. Indien jou hemp aan ons ruilvoorwaardes voldoen, help ons jou graag om die regte grootte te kry.
Ons groottegids is op die webwerf beskikbaar en wys jou presies hoe om die regte grootte te kies. Dit vat net ‘n paar minute en kan jou baie kopkrap spaar.
Ons T-hemde word van premium 100% gekamde katoen gemaak. Sag genoeg om elke dag te dra en sterk genoeg om nog lank deel van jou kas te wees.
Ja. suigstokkie is trots Suid-Afrikaans. Ons ontwerp T-hemde geïnspireer deur kos, kultuur en humor, met die soort verwysings wat mense laat glimlag nog voordat iemand die grappie hoef te verduidelik.
Volg ons op Instagram vir nuwe ontwerpe en agter-die-skerms-inhoud. As jy lus is vir nog meer kos, kultuur en humor, sluit gerus aan by Kos, Kultuur, & Kuier | deur suigstokkie op Facebook. Daar is altyd plek vir nog iemand aan die tafel.
Of jy nou hulp nodig het met ‘n bestelling, ‘n vraag oor een van ons ontwerpe het, of net wil hallo sê, ons hoor graag van jou. By suigstokkie gaan dit nie net oor T-hemde nie. Dit gaan oor die mense wat hulle dra.
Ons hemde is 'n gewone pasvorm. Meet eerder een van jou gunstelinghempe en vergelyk dit met die afmetings hieronder. As jy tussen twee groottes val of van 'n losser pasvorm hou, kies gerus een grootte groter.
Meet eerder jou gunsteling-hemp as jouself. Dis gewoonlik die maklikste manier om die regte grootte te kies. Alle afmetings is geneem terwyl die hemp plat gelê het en kan ongeveer 1–2 cm verskil.
| Grootte | Breedte (cm) | Lengte (cm) |
|---|---|---|
| XS | 47 | 68 |
| S | 50 | 70 |
| M | 53 | 72 |
| L | 56 | 74 |
| XL | 59 | 76 |
| 2XL | 62 | 78 |
| 3XL | 65 | 80 |
| 4XL | 68 | 82 |
| Grootte | Breedte (cm) | Lengte (cm) |
|---|---|---|
| XS | 43 | 64 |
| S | 46 | 65 |
| M | 49 | 66 |
| L | 52 | 67 |
| XL | 55 | 68 |
| 2XL | 58 | 69 |
| Grootte | Breedte (cm) | Lengte (cm) |
|---|---|---|
| 2 jaar | 33 | 43 |
| 4 jaar | 35.5 | 47 |
| 6 jaar | 38 | 49.5 |
| 8 jaar | 42 | 60 |
| 10 jaar | 44.5 | 62.5 |

Meet die hemp plat, ongeveer 2 cm onder die moue, van een kant na die ander.
Meet vanaf die hoogste punt van die skouer reguit af tot by die onderste soom.
Suigstokkie-wenk: As jy tussen twee groottes val, kies gerus die groter grootte vir daardie lekker gemaklike braai-pasvorm.
This will close in 0 seconds